Click Here to Apply Daily Yields Fund Information

Laat daardie bonus vir jou werk

Laat daardie bonus vir jou werk!

Jy werk mos hard vir jou geld… As die einde van die jaar dus naderkom en jy kry daardie (welverdiende) bonus vir al jou harde werk, sal dit nie gaaf wees as die bonus werklik ’n verskil in jou lewe maak nie, eerder as om een dag in jou bankrekening te verskyn en net die volgende dag weer te verdwyn nie?

Wel, of jou bonus nou R1 000 of R100 000 is – hier is ’n paar handige wenke om te verseker dat dit hierdie jaar bietjie harder vir jou werk…

Wenk 1: Dink voordat jy geld uitgee

Té dikwels trap mense in die slaggat om te dink dat ’n kontantmeevaller ‘gratis’ geld is om te spandeer – en gewoonlik ook so vinnig as moontlik – wanneer dit eerder vir ’n beter doel aangewend kan word. Voordat jy dus daardie 108-duim platskerm-TV koop, of ’n allesinsluitende vakansie na Fidgi bespreek, dink eers ’n paar dae na oor wat die beste manier sal wees om jou geld te spandeer.

Wenk 2: Sny aan die krediet

Die slimste manier om enige bonus te spandeer (veral in vandag se ekonomiese klimaat) is om skuld af te betaal – en begin met jou winkelkaarte en kredietkaarte met hoë rentekoerse. Deur dit af te betaal, help jy nie net dat jy skuldvry is nie, maar spaar jy ook duisende rande aan rente én verbeter jy jou maandelikse kontantvloei.
   
Wenk 3: Beheer jou huislening

Dit is altyd ’n uitstekende idee om ekstra kontant in jou huislening of -verband in te betaal. Jy kan jou terugbetalingstydperk verminder en rente spaar!

Byvoorbeeld: Jou maandelikse paaiement is R4 992 per maand op ’n huislening van R500 000 oor 20 jaar, teen ’n rentekoers van 10.5%, met ’n totale terugbetalingsbedrag van R1 198 055,86.

As jy egter ’n ekstra R200 per maand betaal, kan jy jou terugbetalingstydperk moontlik met meer as 2 jaar verminder, en R95 938,44 rente spaar!

Wenk 4: Wees voorbereid

Sodra jy met jou skuld afgereken het, kan jy jou bonus gebruik om ’n noodfonds te skep (gewoonlik 3 maande se salaris). Dit is ’n kontantbedrag waartoe jy maklik toegang moet hê in enige noodgeval – soos werksaflegging of langtermyn-hospitalisasie.

Wenk 5: Laat jou geld selfs nog harder werk

Soos jy reeds weet, beteken die fantastiese voordele van ’n Sanlam Liquid-rekening dat jy jou geld kan belê om beter geldmarkopbrengste te verdien, en nog steeds toegang te hê tot die geld wat jy nodig het, wanneer jy dit ook al nodig het – en dit als sonder hoë risiko. Waarom dan nie jou bonus by jou Sanlam Liquid-rekening voeg nie? Hoe meer geld jy belê, hoe meer rente verdien jy…

Moenie vergeet om jouself te beloon nie!
Onthou, die rede hoekom jy in die eerste plek ’n bonus gekry het, is omdat jy dit verdien het – sit dus ’n klein bedraggie opsy om jouself mee te bederf! Geniet dit, en gebruik die res goed – en jy sal nie voel of jy aan die kortste ent trek nie!

Content within this section: