Hou die einde van die jaar vir welwillendheid – moenie deur bankslenters gevang word nie
Hou die einde van die jaar vir welwillendheid – moenie deur bankslenters gevang word nie!
Kuberstrikroof Strikroof (‘phishing’) is ’n slenter waar jy ’n e-pos ontvang wat lyk of dit van ’n bekende organisasie af kom, en wat sensitiewe inligting oor jouself of jou bankrekening versoek. Jy word dikwels gevra om na ’n webwerf deur te klik en sensitiewe inligting soos sleutelwoorde, kredietkaartbesonderhede of bankrekeningnommers te verskaf. Hierdie e-pos en webwerwe is natuurlik vals – en sodra jy jou besonderhede verskaf het, kan die bedrieërs dit gebruik om al jou geld te steel. Wees VEILIG:
OTM-skelmstreke Daar is altyd ’n aantal skelmstreke aan die gang by OTM’s – waar opportunistiese misdadigers probeer om mense te beroof. Die manier om dit te verhoed is om altyd op die ergste bedag te wees – maak nie saak hoe netjies, welbesproke of vriendelik iemand is nie, as hulle by ’n OTM met jou praat, wees op die uitkyk! Voorsorgmaatreëls:
Content within this section: |
||
|
|
||
























