Click Here to Apply Daily Yields Fund Information

Hou die bal dop

Terwyl die opgewondenheid oor die Wêreldbeker-sokkertoernooi toeneem en ons met al hoe groter verwagting na hierdie skouspelagtige gebeurtenis uitsien, is daar die risiko dat die oorgerustes perspektief kan verloor en maklik die prooi van vernuftige skelmstreke kan word.

Ons gebruik graag hierdie geleentheid om jou te versoek om tog waaksaam te wees.

  • Wanneer jy aanlyn banksake doen, tik altyd die bank se volledige URL (bronadres) in jou soekenjin – moenie net deurklik nie. En onthou om af te meld (log off) wanneer jy klaar is.
  • Banke en ander verantwoordelike finansiële instellings – Sanlam Liquid ingesluit – sal jou nooit telefonies of per e-pos om persoonlike inligting vra nie. Moenie op enige versoeke reageer nie – hou jou pin, wagwoord en ander bankbesonderhede vertroulik.
  • Moenie jou banksake op iemand anders se rekenaar doen nie – internetkafees en gedeelde persoonlike rekenaars kan spioenware bevat wat jou sleuteldrukke kopieer en jou pin, wagwoord en ander besonderhede met swendelaars deel.
  • Installeer die jongste antivirusprogramme en antispioenware op jou rekenaar.
  • Gaan jou state gereeld na!



Wees versigtig wanneer jy OTM-fasiliteite gebruik:

  • Moet nooit jou pin om enige rede vir enigiemand gee nie – selfs al sê hulle dat hulle bankamptenare is.
  • Moenie jou kaart in die gleuf plaas voordat jy deur die OTM-skerm gevra word om dit te doen nie, en as jy die kaart moet inforseer, is iets verkeerd – moenie voortgaan nie.
  • Moet nooit ’n masjien met ’n leë skerm gebruik nie – en volg altyd die instruksies op die skerm, in plaas van dié van ’n omstander.
  • Moenie OTM’s laat in die aand gebruik nie, ook nie op plekke wat swak belig is of waar jy enigsins onveilig voel nie – en moenie dat iemand jou aanjaag nie.
  • Gebruik jou liggaam as skerm om die besonderhede wat jy intik privaat te hou.
  • Moet nooit hulp van ’n vreemdeling aanvaar nie, en moet ook nie iemand anders help nie – verwys liewer iemand wat hulp nodig het na die bank.
  • Stel ’n daaglikse onttrekkingslimiet.
  • Indien jou kaart deur die OTM ingesluk word, skakel self die tolvrye nommer. Moenie dat iemand anders dit vir jou doen nie – dit kan ’n slenter wees om jou te laat dink dat jou kaart gestop is.

Content within this section: