Click Here to Apply Daily Yields Fund Information

Aanlynhandel in aandele nou beskikbaar vir Sanlam Liquid-kliënte

Ons weet dat jy as ’n Sanlam Liquid-rekeninghouer oor finansiële wysheid beskik – jy het immers ’n rekening gekies wat bogemiddelde rentekoerse bied. Daarom is ons baie opgewonde om te kan aankondig dat jy nou direk vanaf jou Sanlam Liquid-rekening kan inskakel op die aanlyn-handelswebwerf Sanlam iTrade. Aanlynhandel in aandele is ’n tipe ‘selfdoen’-belegging wat wêreldwyd ongelooflik gewild geraak het terwyl beleggers al hoe meer besef dat hulle op die aandelemark kan handel dryf sonder die addisionele fooie wat deur portefeuljebestuurders gevra word. Ons vennootskap met Sanlam iTrade stel jou in staat om in aandele op die beurs te belê en beleggingsbesluite te neem wat na jou mening die opwindendste opbrengste op jou kontant sal lewer.

Jy sal geld direk na jou iTrade-rekening kan oorplaas en onmiddellik kan begin handel dryf. Dit sal die probleem oplos wat baie handelaars en beleggers het om te wag dat deposito’s aanlyn weerspieël word.

Sanlam iTrade is een van Suid-Afrika se bes gevestigde aanlynhandelsentrums. Dit stel gebruikers in staat om regstreeks toegang te kry tot die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) en die webwerf fokus baie sterk op voorligting. Selfs al is jy ’n onervare belegger, sal jy dus al die inligting kry wat jy nodig het om aan die gang te kom. As jy belangstel om meer oor Sanlam iTrade te wete te kom of vir hierdie funksionaliteit wil registreer, besoek gerus www.sanlamitrade.co.za

Indien jy voor einde April by Sanlam iTrade registreer, sal jy vir drie maande geen maandelikse fooie (R57 per maand) betaal nie.

Content within this section: