Goedkoper transaksiefooie
Maandstate kan nou direk per e-pos na jou inmandjie gestuur word teen ’n verlaagde koste van R3,00. Die opsie om jou maandstaat per pos te ontvang, sal R7,50 kos.
Iets wat nie baie bekend is nie, is dat jou Sanlam Liquid Debietkaart by al die groot kettingwinkels aanvaar word vir kontantonttrekkings [kontant terug]. Die gebruik van jou Debietkaart vir onttrekkings by hierdie terminale gee jou groter gerief om broodnodige kontant te kry, en boonop kos dit net R3,00, ongeag die bedrag wat onttrek word. Beskerm jou kaart asof dit kontant is. Moet nooit toelaat dat jou kaart onder jou oë uit is nie, en wees altyd waaksaam. Content within this section: |
||
|
|
||
























