Die ‘GeldSlim of nie’-vraelys
GeldSlim? Of nie? Voltooi hierdie vraelys om jou finansiële kennis te toets…
1) Jy moet R2 500 vir ’n mikrogolfoond betaal. Jy het genoeg geld in die bank, maar wat is die beste manier om te betaal? a) Skryf ’n tjek vir die volle bedrag. b) Gebruik jou kredietkaart om die volle bedrag te betaal. c) Betaal die volle bedrag kontant. 2) Jy moet R6 000 vir ’n rusbank betaal. Jy het nie geld in jou rekening nie, so hoe sal jy daarvoor betaal? a) Reël vir ’n oortrokke fasiliteit op jou lopende rekening. b) Gebruik jou kredietkaart se begrotingsrekening. c) Gebruik die geld in jou huisleningsrekening. 3) Jy erf R5 000. Jy het ’n oortrokke rekening van R6 000 en skuld nog R150 000 op jou huislening. Wat doen jy met die geld? a) Deponeer dit in jou Sanlam Liquid-rekening. b) Betaal soveel as moontlik van jou oortrokke rekening af. c) Deponeer dit in jou huisleningsrekening. 4) Watter gedeelte van jou inkomste spaar jy? a) Niks b) 5% tot 9% c) 10% tot 15% 5) Jy het ’n rekenaar nodig, en het nie die kontant daarvoor nie. Wat doen jy? a) Koop dit met jou kredietkaart. b) Huur dit by ’n betroubare maatskappy. c) Koop dit op huurkoop oor 24 maande. Die GeldSlim-antwoorde 1) b Indien jy jou aankope op jou kredietkaart doen, het jy heel waarskynlik tot 55 rentevrye dae om te betaal – maak net seker jy betaal die volle bedrag betyds, sodat jy jou nie hoef te bekommer oor rente wat gehef word nie! 2) c Die GeldSlim-opsie (GSO) is om jou huisleningsrekening te gebruik, waar die rentekoers aansienlik laer as die ander twee opsies is. Maar onthou, geen skuld is goeie skuld nie. Betaal dus daardie rekening so gou as moontlik af! 3) b In die reël moet jy die skuld met die hoogste rentekoers altyd eerste afbetaal. In hierdie geval is die GSO om die oortrokke rekening eerste af te betaal (om te verhoed dat jy rente betaal). 4) c Dit is ’n goeie idee om ten minste 10% van jou bruto inkomste te spaar om ’n veilige finansiële toekoms te verseker. En as jy nou spaar, sal jy baie tyd hê om later jou geld te geniet, met die mededingende rentekoerse wat jou Sanlam Liquid-rekening bied. 5) a Die GSO is om dit met jou kredietkaart te betaal en die 55 dae rentevrye krediet-tydperk tot jou voordeel te gebruik. JOU GSO-potensiaal: (Gee jouself 3 punte vir elke GSO wat jy gekies het, en sien hoe GeldSlim jy regtig is.) 12-15 Jou geld is in veilige hande (en sal heel moontlik daar bly om rente te verdien). 9-12 Jy kan gerus meer spaar. 6-9 Jou geld kan baie harder vir jou werk. <6 Jy behoort ’n kundige te raadpleeg om jou met jou finansies te help. Content within this section: |
||
|
|
||
























