Skip Ribbon Commands
Skip to main content

As jy ywerig spaar vir aftrede, wonder jy dalk hoe jy kan verseker dat jou spaarfondse jou ’n volhoubare inkomste in jou aftreejare sal gee.

Boonop kan jou doelwitte en omstandighede baie anders wees as dié van ander mense, en wil jy gemoedsrus kry dat jou huidige plan aan jou besondere behoeftes sal voldoen. Dit moet ’n unieke, persoonlike plan wees – nie bloot een oplossing wat almal pas nie.

Byvoorbeeld – jy sal miskien op jou spaarfondse kan staatmaak om ’n genoegsame inkomste te voorsien, of jy beplan dalk om deeltyds te werk of te konsulteer, of jy kan selfs besluit jy’s gesond genoeg om na aftrede ’n paar jaar lank die wêreld te deurreis. Hoe dit ook al sy, jy wil ’n mate van gerusstelling hê dat die manier waarop jou aftreespaargeld bestuur word, by jou behoeftes sal pas en ’n lewenslange inkomste sal verseker.

Roenica Tyson, Beleggingsprodukbestuurder by Glacier deur Sanlam, sê dis belangrik om jou opsies te verstaan wanneer jy ’n inkomste in jou aftreejare wil verseker. “Dit is hier waar ’n finansiële adviseur kan help om sake te verduidelik, en ’n optimale oplossing te identifiseer wat pas by die mate van buigsaamheid en sekuriteit wat jy nodig het.”

’n Kombinasie van verskillende beleggingsoplossings kan jou kanse verbeter om ’n volhoubare aftree-inkomste te kry en om in jou besondere behoeftes te voorsien.

“’n Kombinasie van verskillende beleggingsoplossings kan jou kanse verbeter om ’n volhoubare aftree-inkomste te kry en om in jou besondere behoeftes te voorsien,” sê Roenica Tyson, Beleggingsprodukbestuurder by Glacier deur Sanlam.

’n Lewensannuïteit bied byvoorbeeld ’n gewaarborgde inkomste so lank as wat jy en/of jou gade nog leef. Aan die ander kant kan ’n beleggingsgekoppelde annuïteit jou die buigsaamheid gee om jou inkomstevlak te kies, asook die fondse waarin jou aftreekapitaal belê moet word, en dit hou ook die moontlikheid van ’n nalatenskap in.

Jy kan ook oorweeg om ’n beleggingsgekoppelde annuïteit met ’n lewensannuïteit te kombineer, wat ’n meer geskikte uitkoms kan lewer.

Hoe dit ook al sy, Glacier deur Sanlam se webgebaseerde Aftree-inkomstebeplanner is ’n hulpmiddel wat leiding kan verskaf in jou gesprek met jou finansiële adviseur oor watter produkkombinasies jou behoeftes die beste kan pas. Dit kyk ook na hoe jy jou nie-aftreebeleggings (diskresionêre beleggings) kan gebruik om jou aftree-inkomste aan te vul.

Jou finansiële adviseur sal al die bates in jou portefeulje in ag neem wanneer hy/sy jou advies gee oor jou aftree-inkomstekeuses. Vind meer uit oor afree-inkomste op die Glacier webwerf.

Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam