Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Kankerbehandeling is duur, en dan is daar nog die kostes verbonde aan leefstylveranderings, indiensneming van ’n versorger en vervoer na behandelingsentrums. Hoe kies jy dus ’n kankervoordeel wat jou pas, en hoe vergelyk jy appels met appels?

Daar is nie een oplossing wat almal pas nie, maar die vertrekpunt is om te verstaan watter tipes kanker deur verskillende kankervoordeelopsies gedek word, sê Nonkululeko Zungu, Produkondersteuningskonsultant vir Sanlam Individuele Lewens..

Jou keuse van dekking sal afhang van jou, jou begroting, jou familiegeskiedenis van kanker, ens. ’n Gekwalifiseerde finansiële adviseur kan vir jou leiding gee oor ’n voordeel wat in jou behoeftes sal voorsien en waarde vir geld bied.

Oorweeg die volgende wanneer jy voordele vergelyk:

  • Watter kankers word gedek, in watter fases, en watter bedrag sal die versekeraar betaal?

    Onthou dat nie alle versekeraars dieselfde tipes kanker dek of dieselfde persentasies van die dekkingsbedrag vir ’n bepaalde kankerfase uitbetaal nie. Alle versekeraars moet egter aandui watter persentasies hulle vir verskillende kankerfases uitbetaal.

    In die geval van meer uitgebreide kankervoordele is die persentasie wat uitbetaal word gewoonlik gekoppel aan beide die ernstigheidsgraad (fase) van die kanker en die waarskynlike impak wat dit op ’n persoon se leefstyl sal hê. Sanlam se kankervoordele betaal byvoorbeeld selfs in vroeë kankerfases 100% vir sekere aggressiewe kankers.

    Om kliënte gemoedsrus te gee, sonder om lang lyste te verskaf van spesifieke tipes kankers wat gedek word, sluit sommige versekeraars ’n omvattende eisgebeurtenis in. Wanneer ’n kankervoordeel ’n omvattende eisgebeurtenis insluit, kan kankers wat nie op die lys gespesifiseer is nie ook gedek word.

“Om kliënte gemoedsrus te gee, sonder om lang lyste te verskaf van spesifieke tipes kankers wat gedek word, sluit sommige versekeraars ’n omvattende eisgebeurtenis in,” sê Nonkululeko Zungu, Produkondersteuningskonsultant vir Sanlam Individuele Lewens.

  • Prys:

    Vergelyk premies en verstaan wat jou aanvanklike premie gaan wees, maar vind uit oor latere premieverhogings. Dit is belangrik om te verstaan hoe lank die premies onveranderd sal bly. As jy vir ’n korting by die versekeraar kwalifiseer, vra of jy nog steeds die korting kan kry indien jou omstandighede verander – byvoorbeeld as jy jou gimlidmaatskap opsê of van jou ander polisse by dieselfde versekeraar kanselleer. Indien hierdie soort veranderings jou kankervoordeelpremie gaan beïnvloed, maak seker jy verstaan met hoeveel die premie verhoog kan word.

  • Hou ook die volgende in gedagte:
    • Die vlak van onderskrywing (gesondheidsvraelyste, bloed- en ander toetse) sal waarskynlik ’n invloed op die premie hê
    • Daar kan uitsluitings wees wat gekoppel is aan toestande of omstandighede waarin die voordeel nie uitbetaal sal word nie
    • Wagtydperke kan van toepassing wees voordat jy vir ’n voordeel kan eis

Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam