Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Jy’s 50+ en in baie opsigte begin die lewe nou eers!

Jou kinders is minder afhanklik van jou; miskien beplan jy om nuwe stokperdjies en aktiwiteite aan te pak, en jy het die kruin van jou loopbaan bereik.

As jy nie genoeg vir aftrede gespaar het nie, moenie paniekerig raak nie, sê Danelle van Heerde, Hoof: Adviesprosesse en Hulpmiddels by SPF Distribusie.

Die belangrikste is om onmiddellik tot aksie oor te gaan.

Bly kalm en begin beplan

Kennis is mag. Vermy dus oorhaastige besluite en konsentreer daarop om ’n duidelike prentjie van jou aftreeposisie te kry, sodat jy die potensiële impak van enige regstellende aksies verstaan.

Mense wat bekommerd is oor hul aftreevoorsiening, kan twyfelagtige geleenthede wat hoë opbrengste beloof aantreklik vind, en uiteindelik hul aftreekapitaal verloor. Moenie self ’n slagoffer word nie.

Jy het miskien te lank gewag, maar jy het nog tyd
om ’n behoorlike aftreeplan op te stel.

Kyk na jou uitgawes

Doen ’n realistiese raming van hoeveel geld jy regtig nodig sal hê wanneer jy aftree. Watter uitgawes bly, en watter ekstra uitgawes sal jy hê?

Probeer geld afknyp wat jy kan gebruik om jou aftreespaarfonds te verhoog. Kyk na jou huidige uitgawes om agter te kom waar jy kan besnoei. Jou lewensversekeringsbehoeftes verander byvoorbeeld soos jy ouer raak, en jy het miskien nog dekking vir skuld wat intussen al minder geword het, of voorsiening vir kinders wat nie meer van jou afhanklik is nie.

Oorweeg jou mediese dekking. Dit is noodsaaklik soos jy ouer word, maar hou in gedagte dat jy bo ouderdom 65 meer mediese uitgawes van jou belasbare inkomste kan aftrek.

Spaar soveel soos jy kan

Spaar wat jy ook al kan bekostig – besnoei nou waar jy kan, om te verseker dat jy jou ideale aftreeleefstyl kan bekostig. Gebruik belastingdoeltreffende aftreefondse, en oorweeg opsies soos om langtermynskuld af te betaal, om jou uitgawes ná aftrede te verminder. Moet veral nie nóg langtermynskuld aangaan nie.

Laat jou geld vir jou werk

Is jou huidige spaarfondse op die doeltreffendste manier gestruktureer wat beleggingsopbrengste, kostes en belasting betref? ’n Belastingvrye spaarplan kan jou aftreegeld ’n hupstoot gee, en ’n oplossing soos die Sanlam Wealth Edge Uitkeerplan bied ’n addisionele toedeling van 8% van die netto beleggingsbedrag sowel as ’n beleggingswaarborg. Kyk na enige ander beleggings of bates wat jy het, wat gebruik kan word om addisionele aftree-inkomste te genereer. Het jy ’n kamer wat jy kan verhuur? Kan jy ’n inkomste uit jou effektetrust onttrek?

Bly aktief en produktief gedurende jou aftrede

As jy nie ’n vaste aftree-ouderdom het nie, oorweeg dit om bietjie langer te werk. As jy nie jou aftrede kan uitstel nie, kan jy miskien deeltydse of kontrakwerk begin doen. Of omskep ’n stokperdjie in ’n winsgewende onderneming.

Soek maniere om inkomste te genereer wat nie kapitaal verg nie, en oorweeg watter vaardighede jy kan gebruik om gedurende aftrede ’n addisionele inkomste te verdien. As jy proaktief is en jou aftreejare en jou swaar verdiende fondse optimaal aanwend, kan jy lank na jou aftrede uit heeltydse werk nog ’n baie sinvolle lewe hê.

Kry advies! Wanneer jy nader aan aftrede beweeg, is dit uiters belangrik om met jou finansiële tussenganger te gesels om seker te maak dat jou finansiële
beplanning optimaal op koers is.

 

 

Alles oor die vergelyking van kankervoordeleAlles oor die vergelyking van kankervoordelehttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/vergelyking-van-kankervoordele.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg, /blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg1/29/2020 1:55:20 PM078199aspx341716http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZKankerbehandeling is duur, en dan is daar nog die kostes verbonde aan leefstylveranderings, indiensneming van ’n versorger en vervoer na behandelingsentrums.
Doen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarDoen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/doen-goed-en-maak-2020-wonderlik.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg, /blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg1/29/2020 11:06:16 AM0106006aspx334206http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZAan die einde van verlede jaar het Sanlam sy #NeverBeenABetterTime-platform bekend gestel, met die aangrypende storie van Enzokhule.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam