Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Almal het die vermoë om te spaar – jy moet bloot net ’n paar doelwitte stel. “Begin waar jy is, gebruik wat jy het, doen wat jy kan.” Hierdie woorde van Arthur Ashe is van toepassing op verskeie aspekte in jou lewe – selfs spaar. Jy’t nie emmers vol geld nodig om te spaar nie – jy moet net vandag begin en ’n paar doelwitte stel. En wanneer jy jou spaardoelwitte stel, moet jy seker maak dat jy die kleiner mylpale op pad na jou einddoelwit vier.

Gedragsekonoom, Erik Vermeulen, stem saam: Die beste manier om vir sukses voor te berei, is om ’n spesifieke langtermyndoelwit te stel met ingeboude suksesmaatstawwe onderweg, om ons doelwit meer bereikbaar en lonender te maak.

Vermeulen beveel aan dat wanneer jy ’n spaardoelwit stel, jy die volgende in gedagte hou om jou spaarpogings te help fokus en te voorkom dat jy deur impulsiewe besteding van stryk gebring word.

Jou doelwit moet VEILIGHEID skep

Ons vrees verliese. Dit beïnvloed uiteindelik ons gedrag en ons vermoë om ’n aksieplan aan te pak. As jy ’n doelwit het wat jou werklik ’n gevoel van veiligheid gee, kan dit ’n baie kragtige motiveerder wees.

Jou doelwit moet MEETBAAR wees

As jy presies weet hoeveel geld jy wil spaar en ’n duidelike tydraamwerk het waarbinne jy dit wil doen, met kort- en mediumtermyn-mylpale, sal jy jou vordering kan meet. Om hierdie prentjie duidelik te sien kan ’n kragtige motiveerder wees.

Jou doelwit moet OUTONOOM wees

Dit beteken jy moet voel jy is in beheer van jou eie doelwit. Niemand hou daarvan om beheer prys te gee van iets wat jou na aan die hart lê nie. Hoe meer ons voel ons is in beheer van die uitkoms van ons spaarplan, hoe groter is die kanse dat ons sal aanhou bydra tot die plan.

“Hoe meer ons voel ons is in beheer van die uitkoms van ons spaarplan, hoe groter is die kanse dat ons sal aanhou bydra tot die plan,” meen Erik Vermeulen, Gedragsekonoom.

Jou doelwit moet RELEVANT wees

As jy maar so-so voel oor iets, dan kan dit nie só belangrik vir jou wees nie. Maak dus jou doelwit relevant en persoonlik, om te verseker dat jy belangstelling behou.

Jou doelwit moet OPWINDEND wees

As jy nie opgewonde is oor die spaarproses en die resultaat nie, sal jy waarskynlik nie gemotiveerd bly om aan te hou spaar nie. Opwinding aktiveer jou brein se soekstelsel en aktiveer die vrystelling van die hormoon dopamien, wat ’n belangrike rol speel om jou goed te laat voel.

Die beste manier om spaargewoontes aan te leer is om realistiese, volhoubare veranderings in jou gedrag en lewenstyl aan te bring. Vermeulen sê omdat groot veranderings soveel moeite en konstante keuses verg, is dit dikwels moeilik om daarmee vol te hou.

’n Vennootskap met ’n professionele persoon kan jou ook help om realistiese doelwitte te stel en dit makliker maak om by hierdie doelwitte te hou. Gesels dus met jou finansiële adviseur as jy een het, of kry een as jy nog nie het nie.

 

 

Alles oor die vergelyking van kankervoordeleAlles oor die vergelyking van kankervoordelehttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/vergelyking-van-kankervoordele.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg, /blog/PublishingImages/comparing_cancer_banner.jpg1/29/2020 1:55:20 PM078199aspx341716http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZKankerbehandeling is duur, en dan is daar nog die kostes verbonde aan leefstylveranderings, indiensneming van ’n versorger en vervoer na behandelingsentrums.
Doen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarDoen goed waar jy kan en maak 2020 ’n wonderlike jaarhttp://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/doen-goed-en-maak-2020-wonderlik.aspxhttp://www.sanlam.co.za/blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg, /blog/PublishingImages/do_good_banner.jpg1/29/2020 11:06:16 AM0106006aspx334206http://www.sanlam.co.za/blog/artikels/Pages/Forms/AllItems.aspxhtmlFalseaspx2020-01-28T22:00:00ZAan die einde van verlede jaar het Sanlam sy #NeverBeenABetterTime-platform bekend gestel, met die aangrypende storie van Enzokhule.

 Most Read

 

 

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam