Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Enige Suid-Afrikaner loop die risiko om tydelik of permanent ongeskik te raak. Desondanks is daar steeds by baie mense ’n onwrikbare gevoel van “dit gaan nie met my gebeur nie”. Dit skep ’n probleem, want die onvermoë om ’n inkomste te verdien is die enkele grootste finansiële risiko waarmee ’n jong persoon te kampe het. ’n Verlies aan inkomste is egter nie net ’n “jongmens”-probleem nie – ongeskiktheid kan jou op enige stadium van jou werkloopbaan tref, en dit kan permanent wees.

Karen Bongers, Produkontwikkelingsaktuaris by Sanlam Individuele Lewens, beveel aan dat jy reeds met jou heel eerste salaris ’n goeie finansiële grondslag lê om jou verdienvermoë te beskerm. Trouens, sê sy, dit is uiters belangrik om jou inkomste te beskerm, om voorsiening te maak vir risiko’s soos die onvermoë om oor die lang termyn ’n inkomste te verdien. Ongeskiktheidsdekking beskerm jou teen die onvermoë om ’n inkomste te verdien as gevolg van siekte of besering, en die lewenskoste wat met ongeskiktheid gepaardgaan, selfs al kan jy nog steeds werk.

Bongers noem ’n paar sleutelpunte om te verseker dat jy genoegsame beskerming het:

  • Voel jy dat jy dit nie kan bekostig nie? Maak ’n lys van jou uitgawes en prioritiseer elke item versigtig volgens die impak wat dit oor die lang termyn op jou finansies kan hê. Watter bestedingsgewoontes het jy wat jou finansiële welstand negatief kan beïnvloed? Sien af van duur luukshede en onnodige aankope, en maak eerder voorsiening vir jou gesin se finansiële sekuriteit, soos om ongeskiktheidsdekking by jou portefeulje in te sluit.
  • Hoewel die ideaal is om genoegsame ongeskiktheidsdekking in plek te hê, is dit wys om ten minste ’n kleiner bedrag dekking uit te neem as bekostigbaarheid ’n probleem is, in plaas daarvan om heeltemal blootgestel te wees
  • Moenie aanvaar dat ongeskiktheid net met ongelukke verband hou nie. Hartsiektes, rugprobleme, kanker en depressie is voorbeelde van toestande wat mense onbevoeg kan maak om te werk en ’n vernietigende impak het op hul vermoë om ’n inkomste te verdien.
  • Moenie aanvaar dat jou werkgewer ongeskiktheidsdekking aanbied nie. Dit is belangrik om te vra of ’n werkgewer dekking bied as deel van jou indiensnemingskontrak. Onthou, groepdekkingsplanne bied moontlik slegs beperkte dekking wat nie aangepas is vir jou profiel nie.
  • Die kansellasie van iets soos ongeskiktheidsdekking moet die laaste uitweg wees, want die afwesigheid van dekking kan jou onder ernstige finansiële druk plaas indien jy nie ’n inkomste kan verdien nie
  • Moenie net op jou spaargeld staat maak nie – lewenslange ongeskiktheid sal ernstige druk plaas op jou verdienvermoë, dit is as jy nog in staat is om enige inkomste te verdien. Die meeste mense se spaargeld is nie eers genoeg om hul maandelikse uitgawes oor ’n lang tydperk of selfs ’n betreklik kort tydjie te dek nie.
  • Dit kan moeilik wees om te belê vir die lang termyn, maar deur vroeg die regte besluite te neem, kan jy sorg dat jou geldsake vir die res van jou lewe op koers bly

Bongers herhaal dat ongeskiktheidsdekking ’n prioriteit moet wees. Sy voeg by: “Sanlam het sy ongeskiktheidsprodukreeks opgeknap om die omvattendste reeks in die mark aan te bied en die behoeftes van die hedendaagse kliënt aan te spreek.”

“Sanlam het sy ongeskiktheidsprodukreeks opgeknap om die omvattendste reeks in die mark aan te bied en die behoeftes van die hedendaagse kliënt aan te spreek,” sê Karen Bongers, Produkontwikkelingsaktuaris by Sanlam Individuele Lewens.

Dit is belangrik om ’n finansiële beplanner te raadpleeg wat vir jou holistiese finansiële advies kan gee en seker kan maak dat jy voorbereid is vir die ondenkbare. “As jou bondgenoot, kan ’n finansiële beplanner jou help om te beplan vir die dinge wat jy kan beheer en ook vir dit wat buite jou beheer is. Gesels met ’n finansiële beplanner vir ’n verpligtingvrye behoefte-ontleding, of ’n vinnige kwotasie vir die nuwe Sanlam Ongeskiktheidsaanbod, deur gebruik te maak van die beveiligde digitale platform, Sanlam Now Cover, vanuit die gemak van jou eie huis.”

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webtuiste.

Most Read

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam